Monday 25 July 2016

Hasta luego Veenstra's...


Ons eerste klompie dae in Kolombië, ons laaste Suid Amerikaanse land, was besonders mooi, met geil groen heuwels, so vêr soos ons oë kon tuur, en helderblou sonskyn dae...maar tog het iets vermis gevoel, asof ons iets in Ecuador agtergelaat het...


Valle de la luna - San Pedro de Atacama

Ons het vir die afgelope twee maande die groot voorreg gehad om saam met twee ongelooflike mense (en ou vriende van ons) te kon toer, Simon en Joh-nell Veenstra, en moes ongelukkig afskeid neem so week of so gelede...


Salar de Uyuni 

Ek dink dit is rêrig 'n uitsondering as jy mense vind wat so gemaklik kan saam toer, want dis nie van sommer Knysna toe ry vir 'n langnaweek nie, nee dis lang dae van 17 uur busritte, en 'n daaglikse warboel van vreemde plekke, mense, en tale!



Tatio geysers - Chile

Met die twee was dit regtig 'n plesier...

Galapagos Islands

Hul geduld, avontuurlus en liefde vir daardie vlugtige, kosbare oomblikke van samesyn met die wêreld om jou, het so goed saamgesmelt met ons twee se beginsels dat ons vier sonder enige moeite of kwale, die paadjie voor ons kon aanpak...


Tubing down river in Bolivian Amazon

Ons sal vir altyd die ongelooflike herinneringe van die afgelope twee maande kan deel, wat 'n ewige band tussen ons sal koester...


Montanita Beach, Ecuador

Ek sal nooit weer 'n liter bier kan bestel sonder om te wil vra vir vier glase nie! "Dos cervezas, cuatro vasos por favor!"



Isinlivi, Ecuador

Dankie vir al die goeie tye, die lekker lag, die laat aand gesprekke (en kaart games) en die onvoorwaardelike ondersteuning!



Madidi Jungle, Bolivia

Dalk sien ons julle weer in die Noorde van Kolombië maar andersins sien ons julle defintief weer terug in ons geliefde Suid-Afrika!



Machu Picchu

Totsiens en voorspoed Veenstra's!




No comments:

Post a Comment