Tuesday 1 November 2016

Net 'n paar gevleuelde woorde vir die liefde van my lewe



Saam met jou het ek 'n belofte gemaak, voor die Here ons God, voor familie en vriende 
Om 'n pad te stap, hand in hand, om 'n lewe te skep en 'n huwelik te bevat 

Saam met jou het ek onder die sterre gedans, wyn gedrink en die liefde omhels 

Saam met jou het ek die see oor gereis na verre, onbekende lande, op 'n lewens avontuur, 'n pad van bevinding 

Saam met jou het ek die glorie van God se skepping ontdek, geruisloos die onskuld van 'n oggendson verstaan en onversteurd die skoonheid van die natuur bewonder

Saam met jou het ek die wêreld verken, en die prag van ontdekking deur jou oë gesien  

Saam met jou het ek gegroei en geleer, kulture ervaar, mense ontmoet, vriende gemaak 

Saam met jou het ek uitdagings oorkom, perke versit, verlossing gevind in jou sagte gemoed

Saam met jou het ek gelag tot ek huil, genotvol baljaar op die lied van jou hart, die vreugde gevoel waar mens nie woorde kon vind

Saam met jou het ek onafskeidbaar geword, geheg aan mekaar, met liefde verbind 

Saam met jou het ek die man geword wat weet dat sonder jou 'n lewe nie bestaan nie....

Dankie my lief vir alles wat jy is, ek sien met 'n volle hart uit na die toekoms wat so blink 

Albertus van der Merwe - 1 November 2016